Irritation.

ewe skielik raak ek toe gonzo

As gevolg van ‘n verskeidenheid redes sit ek in die Mac-lokaal 19:52 op die 21ste Maart 2012. Onder hierdie redes tel dat ek my uitleg vroegtydig moet doen, omdat ek Vrydag al huistoe gaan en dat die Puk my bliksemse internet gebreek het, sekerlik die swaarste. Ek betaal ook my nege honderd en watookal hoeveel Rand, Sleutelbord, hoe lyk dit met bietjie diens Sleutelbord?

As gevolg van ‘n nog meer wye verskeidenheid redes is ek ook mismoedig op hierdie Woensdagaand. En met die klank van ‘n kopseer en ‘n lugverkoeler wat nie werk nie en die flikker van die LG skerm voor my besef ek. ek was nog nie gonzo nie. Mens hoef seker nie te wees nie, maar ek laaik vir Hunter S. Thompson en Ernest Hemingway, jy sien. Ek het ook ‘n soliede dosis paranoia oor die samelewing oor die algemeen en ‘n (klein )smaak vir drank. Ek dink dis een van die min plesiertjies wat ‘n wit man in Suid-Afrika nog oor het.

Darem is ek en my meisie more ‘n jaar al saam. Darem altyd ‘n spreekwoordelike silwer lyntjie.

Omdat ek onlangs my gunsteling boek, The Rum Diary, deur Hunter S. Thompson se fliek gekyk het. Het ek besef dat mens eintlik korporatiewe media moet en kan wantrou, dit is immers ‘n advertensie blad vir rand en sent en voornemende rande en sente. Dus, kan dit seker nie eintlik vertrou word nie. Dink ek. Tjek, hier’s ‘n ou wat ook so dink: (ja, ek het dit gecopy paste, nee dis nie plagiaat nie. Ek het dit op Tumblr gekry, oukei?)

://hereiamnyc.tumblr.com/post/128758685/you-may-be-brainwashed-by-corporate-media-if-you

Dit help seker om te skryf oor wat mens moet wantrou, maar dit vat nie die kopseer weg nie, dit laat die lugverkoeler nie werk nie en die skerm hou ook nie op met flikker nie. Met andere woorde is dit tyd vir nog een, of tyd om te slaap. Watookal.

George L. Germishuys

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a comment