A Small town South African mayoral article

Donker dag vir DA

ANC vat Tlokwe-leisels

George L Germishuys

Die ANC raadslede van die Tlokwe stadsraad het gister hul burgemeesterskandidaat Maphetle Maphetle heraangestel.

Dit het gevolg op ‘n stemming waarin hy 31 stemme verwerf het en die DA-burgemeesterskandidaat Prof. Annette Combrinck slegs 21 verwerf het.

In ‘n  wending tydens ‘n dramatiese stadsraadsvergadering is in die twee voorafgaande stemmings, eerstens vir ‘n mosie van wantroue teen Prof. Annette Combrinck en tweedens om die burgemeester te vervang, 30 stemme deur die ANC verwerf en 22 deur die opposisie.

Die resultaat kan egter ongedaan gemaak word hangend ‘n saak wat in die Noord-Gauteng Hooggeregshof moet voorkom oor die ANC die verkeerde prosedure met die mosie van wantroue wat teen Prof. Annette Combrinck ingedien is gevolg het.

Na bewering het daar ‘n swaard bo die ANC raadslede se koppe gehang voor gister se verkiesing. “Gwede Mantashe het gedreig om almal af te dank indien die DA aan bewind bly. So, die kanse dat hulle anders (teen die ANC) sou stem was min of meer nul. Op die ou einde kan mens nie stry met die ANC se meerderheid nie. Dis maar feite,” sê DA-raadslid Johannes Froneman.

Die ANC het hul oorwinning en Maphetle Maphetle se amptelike heraanstelling as burgemeester in ‘n perskonferensie bekend gemaak. In hulle persverklaring het hulle gesê dat hulle “die oorwelidigende meerderheid” is, en dat dit vir hulle ‘n “verleentheid” was toe die DA in Tlokwe aan bewind was.

Die burgemeester stryd in Tlokwe was ‘n belangrike oorwinning vir die ANC veral om verdeeldheid in die party teen te werk. Hierdie kan gesien word op t-hemde wat ANC ondersteuners gedra het waarop staan: “Comrades, let’s not divide the ANC.”

Die sitting van die stadsraad is gekenmerk deur die DA wat hammer op die beweerde ongrondwetlikheid van die mosie van wantroue teen Prof. Anette Combrinck. Hans-Jurie Moolman ‘n DA-raadslid het gesê dat die ANC se gedrag rakende die mosie, waar die speaker Barei Segotso geweier het om hul regsadvies ten opsigte van die mosie bekend te maak, die ideaal van deursigtigheid binne ‘n demokrasie benadeel.

Die ANC en hul ondersteuners wat optree asof hulle bo die grondwet verhewe is, het DA raadslede warm onder die kraag gemaak. “Hulle (die ANC) dink absoluut hulle is bo die grondwet verhewe. Mens sien dit veral in die optrede van hulle LP’s waar hulle openlik erken dat hulle tenders aan familie en vriende toeken. Dit word ook gesien waar hulle in die sogenaamde ‘blou lig brigade’s’ ry en ongelukke veroorsaak,” sê Juanita Terblanche ‘n DA parlementslid.

In ‘n interessante wending is Ina Stoltz, ‘n voormalige sekretaresse, as die speaker ingestel. Die DA het by wyse van wetgewing probeer om dit na die volgende sitting van die stadsraad uit te stel, maar die ANC meerderheid het op die ou einde geseëvier. “Dalk moes sy eerder ‘n sekretaresse gebly het,” het Juanita Terblanche gesê.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a comment